Sunday, 22 May 2011

Dwelms en tieners!

Hey!
Ek het so ruk terug iemand anders se blog so 'n bietjie gelees en op 'n skokkende ding afgekom. In Junie 2004 is ’n 8 jarige kind in Johannesburg op die trappies van ’n kerk dood gevind, met ’n spuitnaald wat steeds in sy arm steek.Dit het my bewus gemaak wat deesdae in die wêreld aangaan. Dat so iets met 'n agtjarige kan gebeur... Mense kom nie meer agter wat kinders doen nie en dit is erg om van so iets te hoor. Ek wil mense meer bewus daarvan maak. Daar word bereken dat 70% van alle dwelmafhanklikes Suid-Afrika, afhanklik is van middels wat oor die toonbank beskikbaar is – bv. alkohol, nikotien, pyn en slaappille en produkte soos hoesstroop, gom en brandstof.
 


No comments:

Post a Comment